Sixty60-drywer sterf in noodlottige ongeluk, kollegas drom saam op toneel

Sixty60 botsing
‘n Sixty60-drywer is dood na ‘n noodlottige ongeluk. Foto: Facebook/Julian Jansen – Journalist

SOMERSET-WES – ‘n Groep Sixty60-drywers het Dinsdagoggend (23 Desember) saamgedrom op die toneel waar een van hul kollegas in ‘n noodlottige ongeluk omgekom het.

Die ongeluk het in Croydon naby Macassar in Somerset-Wes gebeur, het kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse provinsiale polisiewoordvoerder, bevestig.

“Omstandighede rondom ‘n ongeluk vanoggend (Dinsdag) om 08:22 op die R102 naby die Kelderhof-ingang word ondersoek.”

Van Wyk verduidelik ‘n 23-jarige buitelandse burger is op die toneel dood weens die beserings wat hy opgedoen het. ‘n Toyota FJ Cruiser en die motorfiets was betrokke in die ongeluk.

‘n Klag van strafbare manslag word ondersoek deur die Macassar-polisie.

Van Wyk vra dat enigeen met verdere inligting rondom die insident die Misdaad Stop nommer skakel by 08600 10111 of die inligting anoniem deur gee op die MySAPS- selfoontoepassing.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article