Weslander

Ses dood, twee beseer in kop-aan-kop botsing op Hopefield-pad

Die toneel van die ongeluk op die Hopefield-pad (R45). Foto: Noluvu Ludidi
Die toneel van die ongeluk op die Hopefield-pad (R45). Foto: Noluvu Ludidi
Weslander

Ses dood, twee beseer in kop-aan-kop botsing op Hopefield-pad


HOPEFIELD – Seer, skok en ongeloof heers tans oor dié Weskus ná ‘n grusame ongeluk gister (Sondag 29 Maart) omstreeks 17:45 op die Hopefield-pad (R45) naby die Elandsfontein-myn plaasgevind het.

Twee voertuie is in die ongeluk betrokke.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder van die Weskus-polisie, word daar beweer dat die die bestuurder van die wit Isuzu-bakkie met vyf passasiers ‘n voertuig verbygesteek en met die wit Polo in die regterbaan gebots het.

“Die Polo het op sy dak beland en al drie manlike passasiers is op die toneel dood. Die Isuzu het op sy linkerkant beland, twee vroulike passasiers is op die toneel dood en ‘n man en twee ander vroue is ernstig beseer. Hulle is vroeg vanoggend na die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.”

Die man, Sanele Pakade (45), ‘n paramedikus, het intussen aan sy beserings beswyk. Die twee vroulike passasiers in die bakkie wat gesterf het, was sy vrou, Nontikelelo Pakade (47), en Lihle Xola (35). Die Pakades se 20-jarige dogter word steeds met ernstige beserings in die hospitaal behandel.

Wyle Wilfred Soegop.
Wyle Wilfred Soegop.
Wyle Tervin Coetzee.
Wyle Tervin Coetzee.
Wyle Mcneil Lewis.
Wyle Macneil Lewis.

Weslander verneem dat die drie mans in die wit polo Macneil “Bal” Lewis van Hopefield en Vredenburgers Tervin Coetzee en Wilbert Soegop is. 

Medelye vir die oorledenes het van wyd en syd ingestroom, wat die drie manne se impak op die lewens van baie beklemtoon het.

Wyle Sanele Pakade, ‘n paramedikus.

Ná die ongeluk was die pad vir meer as vier ure gesluit.

Helfrich bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag tans ondersoek word.

Die gemeenskap dra die families in gebede op tydens hierdie moeilike tyd.

Die publiek word ook gemaan om geen videos op sulke tonele te maak en te versprei nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article