Zegrity Tennis Kooi Cup - Hoërskool Gimnasium Paarl die wenners
Zegrity Tennis Kooi Cup – Hoërskool Gimnasium Paarl die wenners

Zegrity Tennis Kooi Cup – Hoërskool Gimnasium Paarl die wenners


Zegrity Tennis Kooi Cup. 🎾 Hoërskool Gimnasium Paarl skitter op die tennisbaan.

Baie geluk aan die Paarl Gim o.19-meisies én -seuns wat hul staal gewys het tydens die Zegrity Tennis Kooi Cup!

🏆 Meisiespan se dubbele oorwinning: Die talentvolle meisies het nie net die trofee ingepalm nie, maar ook die trofee vir beste span in die buite-aktiwiteite verower — ’n afdeling wat Padel, Putt-Putt en Tripples insluit. ’n Ware toonbeeld van vaardigheid en spanwerk!

Die Seunspan se uitmuntende vertoning: Die seuns het hulself uitstekend van hul taak gekwyt deur algeheel tweede te eindig én die buitesport-afdeling (Padel, Putt-Putt en Tripples) te wen. ’n Prestasie wat getuig van deursettingsvermoë en sportiewe gees!

👏 ’n Uitsonderlike prestasie deur albei spanne — julle maak jul skool trots!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.paarlgim.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article