Bloemfontein – Primêre Skool Fichardtpark is trots om die uitstaande prestasie van Zayden Venter aan te kondig. Zayden het onlangs aan die Bedford Eisteddfod en die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika in tromspel deelgeneem.

By die Bedford Eisteddfod het hy ’n A++ met ’n merkwaardige 94% behaal. By die Nasionale Eisteddfod het hy die gesogte Diploma ontvang – die hoogste toekenning wat toegeken word.

Hierdie prestasies beklemtoon sy talent, toewyding en harde werk. Die skoolgemeenskap is baie trots op Zayden en vier saam met hom hierdie besondere mylpaal.

https://www.fichies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article