Bloemfontein – Primêre Meisieskool Oranje se swemmers het van 2 tot 4 Oktober by die Curro Aqua Elite Gala in Hillcrest hul naam gevestig met uitmuntende prestasies en spangees.
Die meisies het nie net persoonlike rekords verbeter nie, maar ook met groot entoesiasme deelgeneem en die byeenkoms oorheers:
- Carinke Wessels – 6 eerste plekke
- Lisa le Roux – 2 eerste en 2 tweede plekke
- Kailah Nel – 3de plek in die 100 m-vryslag
- Aflosse: Oranje wen al vier aflosse, met ’n nuwe rekord in die 200 m vryslag-aflos.
Hierdie indrukwekkende vertonings het Oranje die titel van Beste meisies-laerskoolspan besorg. Daarbenewens is Carinke Wessels aangewys as beste o.13–meisie, terwyl Lisa le Roux die 2de beste o.13-meisie was.
Primêre Meisieskool Oranje is ongelooflik trots op die dogters se toewyding en vasberadenheid. Hulle het nie net medaljes gewen nie, maar ook die Oranje-gees met trots uitgedra by die Curro Aqua Elite Gala.

Met hierdie oorwinning bevestig Oranje se swemmers hul plek as ’n krag om mee rekening te hou in die nasionale skoolswemkringe.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.