Mnr. Charl Schoeman (skoolhoof), Tineke Swanepoel en Ian Claassens (Oudskoliere-Bond).

Tineke Swanepoel van Worcester Gimnasium het “The Marks Wurwand Mathematics Scholar of the Year Award” vir haar uitmuntende uitslae in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen 2019 ontvang!

Die toekenning behels ‘n bedrag van  5000 dollar (ongeveer Twee en Sewentigduisend Rand). Raymond Wurwand, oud-leerder van Worcester Boy’s High en stigter van Dermalogica het die toekenning  ter herinnering aan sy vader, Marks Wurwand, bekende oud-sakeman en ook ‘n oud-leerder gestig om sodoende weer terug te gee aan die gemeenskap van Worcester.

Om hierdie toekenning te ontvang word daar gekyk na die leerder se finale Wiskunde-punte. Tineke behaal die hoogtse Wiskunde-punt in Graad 12, algehele akademiese punt, deelname aan Wiskunde aktiwiteite soos Olimpiades asook deelname aan ander skool-aktiwiteite.  Die studie- en beroepsrigting van die leerder speel ook ‘n rol.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article