Bethlehem – Hoërskool Witteberg is baie trots op hul eerste krieketspan. Die Witteberg-krieketseuns het op 7 Oktober hul eerste Rain Schools SA20-wedstryd teen Hoërskool Reitz met ’n verstommende oorwinning van 223 lopies oorrompel.
- Witteberg het eerste gekolf en ’n indrukwekkende totaal van 237/3 in 20 beurte aangeteken.
- Die boulers het Reitz se span in die agtste beurt vir slegs 14 lopies uitgehaal.
Witteberg se uitblinkers van die dag
- Xander Fourie: 101 lopies van 44 balle (nie uit nie)
- Tian Jordaan: 76 lopies van 42 balle
- Heino Bruwer: 6 paaltjies vir 10 lopies in 4 beurte

Hierdie prestasie bevestig die Witteberg krieketseuns se krag en toewyding, en skep groot verwagtinge vir die res van die seisoen.
Foto’s verskaf






You must be logged in to post a comment.