1Ste Krieketspan nuus - Hoërskool Witteberg wen met 5 paaltjies
1Ste Krieketspan nuus – Hoërskool Witteberg wen met 5 paaltjies

1Ste Krieketspan nuus – Hoërskool Witteberg wen met 5 paaltjies


1Ste Krieketspan nuus. Witteberg se 1ste Krieketspan het die afgelope naweek ’n uitstekende oorwinning behaal teen Hoërskool Fichardtpark met 5 paaltjies.

Witteberg het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die boulers het baie druk toegepas en Fichardtpark beperk tot slegs 73 lopies.

  • Xander Fourie: 3 paaltjies vir 18 lopies in 6 beurte
  • WJ Gildenhuys: 2 paaltjies vir 10 lopies in 4 beurte

Witteberg se kolwers het met groot vasberadenheid en veggees die teiken van 74 lopies bereik, ten spyte van ’n taai boul-aanval.

  • Dumesani Johnson: 21 lopies van 35 balle (nie uit nie)
  • HJ Eksteen: 11 lopies van 18 balle

Baie geluk aan die span met ’n verdienstelike oorwinning! Witteberg wens hul 1ste span sterkte toe vir hulle komende wedstryd teen BVHS hierdie week.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article