Wildeklawer Curro Top 14 - C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Wildeklawer Curro Top 14 – C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wildeklawer Curro Top 14 – C&N Sekondêre Meisieskool Oranje


Wildeklawer Curro Top 14. Oranje het Woensdag 1ste onder die meisiespanne op die Wildeklawer Curro Top 14-Atletiekbyeenkoms in Pretoria geëindig. OMS was 2de in 2024. Daar is 4 nuwelinge in die span – Klara van Wyk, Aninka Strauss, Iske le Roux en Karla Kock.

  • Die medaljewenners: Goud
  • Rumé Burger (200 m & 100 m) – byeenkomsrekord x2
  • Danyelle Pienaar (400 m-hekkies) – byeenkomsrekord
  • Adrie van Tonder (spiesgooi)
  • Karla Kock (gewigstoot) – byeenkomsrekord
  • Chani Britz (800 m) – byeenkomsrekord
  • Die medaljewenners: Silwer
  • Danyelle Pienaar (100 m-hekkies)
  • Elizabeth Fick (100 m)
  • Klara van Wyk (verspring & 90 m-hekkies)

Die medaljewenners: Brons

  • Diné le Roux (100 m)
  • Elizabeth Fick (400 m)
  • Karla Kock (diskus)
  • Lilly Burger (90 m-hekkies)
  • Iske le Roux (diskus)

Rumé Burger (o.17) is Woensdag as die beste senior baanatleet op die Wildeklawer Curro Top 14-byeenkoms in Pretoria aangewys. Sy het die 100m (11.73) & 200m (24.05) oortuigend in nuwe byeenkomsrekords gewen.

OMS-Atletiekspan: 1ste ry: Klara van Wyk, Mienke Botha, Lilly Burger, Adrie van Tonder, Karla Kock, Aninka Strauss, Iske le Roux. 2de ry: Rumé Burger, Danyelle Pienaar, Zelmarie Smook (kaptein) Nécke Verster, Elizabeth Fick, Carli Uys, Roné Strydom

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article