Vlak 2 Nasionale Swemkampioenskappe - BVHS swemmers skitter
Vlak 2 Nasionale Swemkampioenskappe – BVHS swemmers skitter

Vlak 2 Nasionale Swemkampioenskappe – BVHS swemmers skitter


Vlak 2 Nasionale Swemkampioenskappe.

Die Vlak 2 Nasionale Swemkampioenskappe het onlangs in Potchefstroom plaasgevind, waar leerlinge van BVHS, saam met lede van die Bethseals-swemklub, uitstaande prestasies behaal het.

Die volgende swemmers het medaljes verower en hul talent op nasionale vlak bevestig:

  • Aiden Ellis – 2 silwer, 2 brons
  • Elanri Du Randt – 2 silwer, 3 brons
  • Lexi Montgomery – 1 goud, 1 silwer, 2 brons
  • Leah van Rensburg – 2 silwer, 1 brons
  • Pieter Vermooten (home schooler) – 2 silwer, 1 brons

Hierdie prestasies is ’n bewys van harde werk, toewyding en die gees van uitnemendheid wat by BVHS en die Bethseals-swemklub gekweek word. Ons is trots op elke deelnemer wat die skool en klub met soveel waardigheid en trots verteenwoordig het.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://voortrekker.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article