Hoër Volkskool Heidelberg is baie trots op Juandré Pretorius en Jerado Tafel wat ingesluit is in die Valke Cravenweekspan. Die twee trotse seuns het hul Valke Cravenweekspantruie ontvang. Dit is ‘n groot mylpaal in hul rugbyloopbane.
Juandré is boonop as kaptein van die span aangewys, ’n prestasie wat sy leierskap en talent beklemtoon.
Hoër Volkskool Heidelberg, bekend as die “Volkies”, het ’n ryk rugbytradisie en is ’n krag in die Noordvaal Virseker Beker. Met hul tuisveld, Volkie-Park, as middelpunt van gemeenskapsgees, het die skool al menige groot oorwinnings behaal. Die insluiting van Juandré en Jerado in die Valke Cravenweekspan bevestig die skool se status as ’n broeiplek van talent.

“Hoër Volkskool Heidelberg is uiters trots op julle, seuns – julle dra nie net die Valke-kleure nie, maar ook die naam van Volkies hoog!”







You must be logged in to post a comment.