Uitstaande krieketvennootskap skitter by Valia
Uitstaande krieketvennootskap skitter by Valia

Uitstaande krieketvennootskap skitter by Valia


Hoërskool Transvalia se o.14-krieketspan het ’n onvergeetlike kragmeting teen Hoërskool Driehoek beleef, waar James van Vuuren en CJ van Wyk ’n uitstaande krieketvennootskap van 136 lopies onoorwonne gesmee het. Die kolfwerk was van die hoogste gehalte en het die toeskouers van begin tot einde laat regop sit.

  • James van Vuuren: 74* (28 balle)
  • CJ van Wyk: 52* (39 balle)

Hoërskool Driehoek het 131-4 behaal. Transvalia o.14A wen met 9 paaltjies.

Transvalia o.14 wen met 9 paaltjies

Die skote het geklap, die lopies het gevloei, en die vuurwerke op die veld het Valia se trots en gees laat skitter. Baie mooi gekolf, manne – hou so aan!

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article