Tweede Tennisspan Onoorwonne - Merensky Landbou Akademie
Tweede Tennisspan Onoorwonne – Merensky Landbou Akademie

Tweede Tennisspan Onoorwonne – Merensky Landbou Akademie


Tweede Tennisspan Onoorwonne – Merensky Landbou Akademie se tweede tennisspan het die Pepps Polokwane in styl verslaan. Die tweede tennisspan is onoorwonne in die B-liga.

Plasies se tweede tennisspan het Woensdag, 17 September die bane behoorlik laat gons toe hulle Pepps in die B-afdeling liga aangevat het. Met selfvertroue, styl en ’n klomp 7-0’s het die Plasies gewys hoe dit gedoen word.

Enkelsuitslae: Die seuns was vuurwarm en het nie ’n enkele stel afgestaan nie:

  • Ryan Schlebusch – 7-0
  • Daniel le Roux – 7-0
  • Jac van Wyk – 7-0
  • Keagan Cherry – 7-0

Die dogters het ook hul wedstryde met flair gewen:

  • Roelien Janse van Rensburg – 4-3
  • Amelie Pretorius – 6-1
  • Nadia Honiball – 5-2
  • Zelné Venter – 7-0

Dubbelsuitslae:

  • Ryan & Daniel – 7-0
  • Jac & Keagan – 5-2
  • Roelien & Amelie – 4-3
  • Nadia & Zelné – 5-2

Spesiale vermelding:

  • Ryan en Daniel het ’n perfekte dag beleef. Hulle het geen potte afgestaan nie. Beide wen hul enkels én dubbels met 7-0. ’n Ware meesterklas!

Die tweede tennisspan sluit die liga onoorwonne af. Dit is ’n prestasie om baie trots op te wees!

Volgende stop is Noordstreek Interhoër op 1 Oktober. Schools That Rock hou duimvas en weet die Plasies gaan weer blink!

Tweede Tennisspan Onoorwonne - Merensky Landbou Akademie

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.plasies.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article