Top 30 Akademiese Kandidate – Hoërskool Kemptonpark het rede om uitnemend trots te wees op ses van hul leerders. Hulle is aangewys as deel van die Top 30 Akademiese Kandidate in Ekurhuleni-Noord.

Die spogleerders wat vereer is, is:

  • Kaylee Vermaak
  • Carla Laubscher
  • Dianca de Wet
  • Werno Pretorius
  • Chezélle van Jaarsveld
  • Renco van Jaarsveld

Hierdie uitblinkers het in Kwartaal 1 gemiddelde prestasies behaal wat wissel tussen ’n indrukwekkende 96% en 88%. Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë dien as ’n ware inspirasie vir die hele Kempie-familie.

Tydens die Kwartaallikse Toekenningsgeleentheid is hul prestasies met trots erken en feestelik gevier.

Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie – Kempies sien met groot verwagting uit na nog vele hoogtepunte deur die jaar!

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://kempies.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article