Top 20-matrikulante. Hoërskool Adamantia, Kimberley, se Graad 12-leerder, Nathan Simon, het ’n besondere eer te beurt geval. Hy is genooi na ’n amptelike geleentheid waar die Noord-Kaapse LUR vir Onderwys die Top 20-matrikulante van die Frances Baard-distrik toegespreek het.
Hierdie uitnodiging dien as ’n duidelike bewys van Nathan se toewyding, deursettingsvermoë en akademiese uitnemendheid. Sy prestasie plaas hom onder die voorste akademiese presteerders van die streek en bring groot trots aan die Adamantia-gemeenskap.
Die skoolgemeenskap wens Nathan alle sukses toe met die komende eindeksamen en sien met verwagting uit na sy uitslae wat in Januarie bekend gemaak sal word.
Sy Addies-familie staan onwrikbaar agter hom en vier hierdie mylpaal saam met hom.





