BETHLEHEM – Tjokkies-Kriekettoernooi. Die o.13-krieketspan van Laerskool Truida Kestell het van 1 tot 3 Oktober aan die gesogte Tjokkies-kriekettoernooi deelgeneem. Die Tjokkies-kriekettoernooi is op ’n besonder hoë vlak aangebied.
Volgens terugvoering het al 12 spelers die geleentheid gekry om aktief aan wedstryde deel te neem. So het hulle die geleentheid gekry om hul vaardighede in verskillende rolle op die veld te ontwikkel. Die toernooi het uitstekende ontwikkelingsgeleenthede gebied, met elke speler wat waardevolle wedstrydervaring opgedoen het.

Truidjies het drie van hul vyf wedstryde gewen en deurgaans goeie krieket gespeel. Die span het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en ’n positiewe indruk gemaak met hul toewyding en spanwerk.
Spesiale gelukwense aan AJ Willemse en CJ Brink, wat as Spelers van die Wedstryd aangewys is vir hul uitstaande bydraes gedurende die toernooi.
Laerskool Truida Kestell is besonder trots op die span se prestasies en die wyse waarop die spelers die skool se naam hoog gehou het.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.