Super 8 – Primêre Skool Jordania in Bethlehem het puik gevaar by die Super 8 toernooi. Jorries se rugby- en netbalspanne het gewys waartoe hulle in staat was tydens die toernooi. Die toernooi het plaasgevind op 8 en 9 April in Kroonstad.

Hulle het te staan gekom teen sterk kompetisie van 7 ander deelnemende skole. Slegs die A-spanne en hul reserwes het aan die toernooi deelgeneem.

Jorries se 1ste Netbalspan asook die o/11A rugbyspan het in hulle afdelings as wenners uitgetree. Die 1ste Rugbyspan asook die o/12A netbalspan eindig 2de in hul onderskeie afdelings!

Foto: Voor: Willie Uÿs. Middel: vlnr: Janco Jooste (kaptein), Leo Bush, Freek vd Berg, Juan du Toit, Rileigh Rooiland, Stian van Vuuren, AJ Beukes, Vincent Stadhouer, Jandre Esterhuisen, Daniël de Beer, Mehan Strydom, Kamohelo Mosia, Johanno Strydom, Lehan van Huysteen, Heino Bruwer, Pierre Bosman. Agter: vlnr: Ewan Sartain, Matthias van Heerden en Ruben StörbeckAfrigters: Ruan Wessels en Pieter Roos

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.jordaniaprimer.co.za/

#trotsejorries

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article