Suid-Vrystaat Hokkiespanne. Primêre Meisieskool Oranje is trots op ‘n groep Oranje meisies wat gekies is om Suid-Vrystaat Hokkiespanne te verteenwoordig.

Hierdie talentvolle meisies sal gedurende die vakansie op verskillende datums en in verskillende provinsies aan die Interprovinsiale Toernooi (IPT) deelneem. Dit is waar spanne van regoor Suid-Afrika mekaar die stryd gaan aansê.

Die meisies wat verkies is vir die Suid-Vrystaat Hokkiespanne is as volg:

o.13A

  • Rize Rautenbach
  • Annebel Fick
  • Almy Wessels
  • Ella Smit
  • Johané Bam

o.13B

  • Elané de Vos
  • Festa van den Berg

o.13C

  • Ruby Schutte
  • Sophia Prinsloo
  • Lilamari de Villiers
  • Emma Spamer

o.12A

  • Miané Momberg
  • Z’Ney Piechaczek
  • Elizabeth Eksteen
  • Kaylyn Blair
  • Lila Myburgh
  • Melienke Hoek

o.12B

  • Ziani Els
  • Ava Beukes
  • Amy Grobler

Foto’s verskaf

“Elke speler dra groot trots en toewyding, en ons weet dat julle die Suid-Vrystaat en Oranje met passie en vasberadenheid gaan verteenwoordig. Ons harte en gedagtes is ook by Ella Myburgh, wat ongelukkig weens ’n besering nie kan deelneem nie. Ella, ons wens jou ’n spoedige en volkome herstel toe – jy bly deel van ons span se gees en trots.”

https://oranjeprimer.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article