Suid-Kaap kriekettoer - Jim Fouché Kriekethelde skitter
Suid-Kaap kriekettoer – Jim Fouché Kriekethelde skitter

Suid-Kaap kriekettoer – Jim Fouché Kriekethelde skitter


Suid-Kaap kriekettoer. 🏏 JF-Krieket skitter in Suid-Kaap!

Hoërskool Jim Fouché se eerste krieketspan het hul Suid-Kaap toer met ’n onoorwonne rekord afgesluit – ’n prestasie om met trots te vier!

In hul laaste wedstryd het JF RPC Bridgton van Oudtshoorn met 48 lopies geklop. JF het eerste gekolf en 139/10 aangeteken in 35 boulbeurte. Bridgton kon nie die druk hanteer nie en is vir 91 lopies uitgeboul.

Uitblinkers aan die kolf:

  • Franco de Necker – 39 lopies
  • Ruan Kleyn – 31 lopies
  • Christiaan Odendaal – 19 lopies

Sterre met die bal:

  • Cobus Wilken – 4 paaltjies vir 25 lopies
  • Zeke Cloete – 2 vir 4
  • Christiaan Odendaal – 2 vir 11

🎉 ’n Spesiale gelukwensing aan Niel Wilken, wat sy 100ste wedstryd vir Jim Fouché se eerste span gespeel het – ’n merkwaardige mylpaal!

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article