Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade. ’n Groep toegewyde leerders van Hoërskool Piet Retief het onlangs hul wiskundige vernuf ten toon gestel. Hulle het aan die tweede rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-Olimpiade (SAMO) deelgeneem. Die prestasies van hierdie jong denkers bevestig die skool se voortgesette strewe na akademiese uitnemendheid.
Onder die Graad 8- en Graad 9-deelnemers in Mpumalanga het twee HPR-leerders hul plek onder die top 15 van die provinsie verseker.
Die twee leerders wat hul plek onder die Top 15 van die provinsie verseker het is:
- Zelda Paul
- Leané van der Merwe
Die vier senior deelnemers wat hul vaardighede bewys het deur onder die top 50 in Mpumalanga te eindig is:
- Bianke von Schlichting
- Maike Paul
- Bernd Böhmer
- Sinethemba Dlamini.

Dit is ’n uitsonderlike prestasie wat die hele skoolgemeenskap met trots vervul. Hierdie uitslae getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ’n opregte passie vir Wiskunde.
Die skool het sy waardering uitgespreek teenoor al die deelnemers wat met hul toewyding en talent die naam van Hoërskool Piet Retief hoog gehou het.
Hierdie jong wiskundiges het nie net hul eie vermoëns bevestig nie, maar ook die skool met trots verteenwoordig. Die prestasie dien as ’n inspirasie vir ander leerders om hul akademiese potensiaal te ontwikkel en met selfvertroue nuwe uitdagings aan te pak.
“Baie geluk aan elke deelnemer – Hoërskool Piet Retief is uiters trots op julle!“
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.