Sterprestasie vir Izienne Pienaar! Izienne, van Hoër Volkskool Graaff-Reinet, het van 28 Junie tot 2 Julie aan die All Ages-Netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem as lid van die Iqhude-groep. Hierdie toernooi het ‘n sterprestasie vir Izienne gebied. Haar span het vyf wedstryde gespeel, waarvan een ’n oorwinning van 27–12 teen KwaZulu-Natal was.
Izienne is twee keer as Speler van die Wedstryd aangewys – ’n merkwaardige prestasie wat haar toewyding en harde werk weerspieël. Sy beskryf die toernooi as ’n groot uitdaging wat waardevolle ervaring en leerskole gebied het.
Volkskool is trots op haar prestasie en wens haar alle sterkte toe vir die pad vorentoe.






