Sport én Akademie. Hoërskool Fichardtpark vier met trots die uitmuntende prestasies van twee van sy leerders, wat op sport- en akademiese front glansryke suksesse behaal het.
Travers Jordaan het tydens die Vrystaat Gimnastiekkampioenskappe drie medaljes verower en ’n algehele derde plek behaal. Sy talent en toewyding neem hom verder wanneer hy op 2 Oktober aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem.


Kara Kruger het in die Netwerk24-Wiskundekompetisie vir Graad 10-leerders ’n indrukwekkende tweede plek in die Vrystaat verower. Haar prestasie bevestig die hoë standaard van akademiese uitnemendheid wat by Fichardtpark gekoester word.
Die skoolgemeenskap is trots op beide Travers en Kara, wat sukses in sport én akademie behaal het. Hulle wens hulle alle sukses toe met hul toekomstige uitdagings en geleenthede.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.