Slimkoppe breek rekords – Hoërskool Sentraal se slimkoppe breek rekords. Hierdie wetenskaplike denkers van Sentraal het hul staal gewys tydens die jaarlikse VSSV Skeinatkonvensie, en hoe!

Sewe slimkoppe breek rekords deur hul plek in die Top 10 te verseker. Met hierdie leerders het Sentraal se naam weereens hoog geblink.

Gr. 10 Presteerders:

  • Aldo Holtzhauzen – 5de plek
  • Zaheed Williams – 6de plek
  • Dian van Rooyen – 9de plek

Gr. 11 Uitblinkers:

  • Conrad Scott – 1ste plek!
  • Dian Bodenstein, Eduan Grieb en Niel Haasbroek – Al drie deel die 5de plek

Hierdie prestasie is nie net ’n bewys van harde werk en toewyding nie, maar ook ’n belegging in hul toekoms. Alle leerders wat in die Top 30 geëindig het, kwalifiseer vir ’n R20 000 beurs indien hulle hul studies aan die NWU voortsit.

Schools That Rock is ongelooflik trots op elke deelnemer, julle is die wetenskaplikes van môre!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://sentraal.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article