Skoleligaresies. Hoërskool Stellenbosch se bergfietsryers het Saterdag, 22 Augustus 2026, sterk vertonings gelewer. Hulle het tydens die vierde skoleligaresies van die jaar in Malmesbury met verskeie podiumplekke die skool se naam hoog hou.
Twintig leerders het aan die byeenkoms deelgeneem en hul vaardigheid en deursettingsvermoë op die uitdagende baan ten toon gestel.
Die volgende ryers het besonderse prestasies behaal:
Sub-junior HS Vroue – Leoné Theron – eerste plek
Vroue o.17: Jana Terblanche – eerste plek
Seuns o.15: Jandré van Lill – tweede plek
Sub-junior HS Seuns – James Bird – derde plek



Met hierdie uitslae beklee Hoërskool Stellenbosch tans die derde posisie in die All Stars – Top Schools – HS-kompetisie.
Dit is ’n bewys van die ryers se toewyding en die skool se groeiende reputasie in die bergfietsarena.
“Die skoolgemeenskap spreek groot trots uit oor elke deelnemer wat met moed en vasberadenheid die Stellenbosch-kleure verteenwoordig het. Hierdie prestasie bevestig die ryers se plek onder die land se voorste jong bergfietsatlete.”
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.