Skole Krieket - Hoërskool Fichardtpark teen Jim Fouché
Skole Krieket – Hoërskool Fichardtpark teen Jim Fouché

Skole Krieket – Hoërskool Fichardtpark teen Jim Fouché


Skole Krieket. 🏏 Eerste span krieket – 50 beurte.

Die groot krieketstryd van Bloemfontein het vandag, 7 Februarie plaasgevind toe Hoërskool Fichardtpark en Hoërskool Jim Fouché mekaar die stryd aangesê het. Fichardtpark het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Met ’n sterk vertoning het die Fichies hul teenstanders beperk tot slegs 123 lopies, almal uit.

🌟 Uitblinkers met die bal

  • Dillon Geringer: 4 paaltjies vir 21 lopies afgestaan
  • Dillon Geringer: 2 paaltjies vir 31 lopies afgestaan

🌟 Uitblinkers met die kolf

  • Dillon Geringer: 18 lopies
  • Jaden Geldenhuys: 24 lopies
  • Davyd Oosthuizen: 43 lopies

Die Fichardtpark-span het die wenlopies gemaklik in die 38ste boulbeurt behaal en het daarmee die wedstryd met 3 paaltjies gewen.

🎉 ’n Oortuigende oorwinning en ’n noemenswaardige prestasie – baie geluk aan die Fichies!

Fichies 1ste krieketspan

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article