Sentraal-Sporttoernooi – Hoër Meisieskool Oranje se netbalspanne het onlangs hul staal gewys by die Sentraal-sporttoernooi. Drie van Oranje se topspanne het puik presteer en goeie resultate behaal.

  • Die o.17A-span eindig tweede tydens die Sentraal-Sporttoernooi, nadat hulle vyf van hul agt wedstryde gewen het. In ’n spannende eindstryd wat tot ekstra tyd gestrek het, moes hulle uiteindelik met 19–21 teen Waterkloof die knie buig. ’n Hoogtepunt was dat Adrie van Tonder as een van die top drie spelers van die toernooi aangewys is.
  • Die o.15A-span het ses van hul agt wedstryde gewen en ook die eindstryd gehaal, maar Waterkloof het met 20–15 die oorwinning behaal.
  • Die o.14A-span het sewe van nege wedstryde gewen en ’n sterk derde plek ingeneem.
Sentraal-Sporttoernooi - Oranje Netbalspanne blink uit

Met sulke uitslae wys Oranje se netbalsterre dat hulle nie net talent het nie, maar ook deursettingsvermoë en spangees.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article