Bloemfontein – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoolskutsunie (SANSSU) het verlede week sy jaarlikse nasionale skietkampioenskap aangebied. Dit is vanjaar vir die eerste keer sedert 2003 weer in Bloemfontein plaasgevind.
Met ’n rekord van 435 deelnemers – 213 seuns en 222 meisies – het die byeenkoms een van die grootste kleinskolesportgeleenthede in die land geword. Die kompetisie het ’n wye reeks afdelings ingesluit: grootkaliber- en kleinkalibergewere, sporthandwapens en veldpistool.
‘n Nuwe hoofstuk
Vir die eerste keer is alternatiewe veerskuts en ’n O.12 Sporterskuts-proefkompetisie ingesluit, wat die deur vir jong talent verder oopmaak.
Vrystaatse Triomf
Die Vrystaat is as die wenprovinsie in die Sporterklas aangewys en het met talle medaljes huis toe gegaan. Uitblinkers sluit in:
- Mia van der Walt (Bothaville) – 0.21A
- Kara van der Merwe (Hoërskool Fichardtpark) – 0.21A
- Anje Blom (Hoërskool Fichardtpark) – 0.21A
- Gary Marx (Marlow) – 0.21A
- Henning Wagenaar (Hoopstad) – 0.16A
- Nellie Geldenhuys (Hoërskool Sentraal) – 0.16A
- Frieda-Marie Labuscagne (Hoërskool Fichardtpark) – 0.16A
- JD Kearney (Hoërskool Sentraal) – 0.16A
Individuele Uitblinkers
- HS Enslin – konsekwent sterk in Big Bore en Small Bore.
- MTS Laubscher – top-mededingend in byna elke afdeling.
- PC Immelman – indrukwekkend in revolver- en pistoolkategorieë.
- J Bloem – jong talent wat sy merk gemaak het in Small Bore Unlimited en Revolver Production.
Waarnemings
- Die Vrystaat het baie goed gevaar en is as die wen Provinsie in die Sporterklas aangewys en het vele medaljes verower. Hier volg ‘n opsomming van die prestasies oor al die ouderdoms groepe:HS Enslin het ’n besonder konsekwente vertoning gelewer, met sterk resultate in Big Bore en Small Bore afdelings.
- MTS Laubscher het in byna elke afdeling deelgeneem en was ’n top-mededingende skut in Big Bore Production en Small Bore Production.
- PC Immelman het in beide revolver- en pistoolkategorieë goed gevaar.
- Jong skuts soos J Bloem het ook hul merk gemaak met goeie uitslae in Small Bore Unlimited en Revolver Production.
Algehele Wen Provinsie Sporterklas (Goud)
- Mia van der Walt (Bothaville) – 0.21A
- Kara van der Merwe (Hoërskool Fichardtpark) – 0.21A
- Anje Blom (Hoërskool Fichardtpark) – 0.21A
- Gary Marx (Marlow) – 0.21A
- Henning Wagenaar (Hoopstad) – 0.16A
- Nellie Geldenhuys (Hoërskool Sentraal) – 0.16A
- Frieda-Marie Labuscagne (Hoërskool Fichardtpark) – 0.16A
- JD Kearney (Hoërskool Sentraal) – 0.16A
Sporterklas 0.21 Individueel 10m (Silwer)
- Anje Blom (Hoërskool Fichardtpark)
Sporterklas 0.16 Individueel wenners 3P
- Goud: Henning Wagenaar (Hoopstad)
Algehele Wenner Sporter 0.16 (3P & 10m)
- Silwer : Henning Wagenaar (Hoopstad)
Wen Provinsie Sporterklas 0.16 – Goud: (0.16A)
- Henning Wagenaar (Hoopstad)
- Nellie Geldenhuys (Hoërskool Sentraal)
- Frieda-Marie Labuscagne (Hoërskool Fichardtpark)
- JD Kearney (Hoërskool Sentraal)
Sporterklas 0.14 Individuele wenners 3P
- Brons: Danèl Crous(Hoërskool Fichardtpark)
- Silwer: Ruben Schoeman (Hoërskool Sentraal)
- Goud: Johanè Watkins (Hoërskool Fichardtpark)
Sporterklas 0.14 Individueel 10m
- Brons: Danèl Crous (Hoërskool Fichardtpark)
- Goud: Ruben Schoeman (Hoërskool Sentraal)
Algehele wenners Sporter 0.14 (3P &10m gesamentlik)
- Brons: Danèl Crous (Hoërskool Fichardtpark)
- Silwer: Johanè Watkins (Hoërskool Fichardtpark)
- Goud: Ruben Schoeman (Hoërskool Sentraal)
Wen Provinsie Sporterklas 014
Silwer: (0/14 B)
- Thalia du Toit (Hoërskool Sentraal)
- Abi Mostert (Burgersdorp)
- Imke Crywagen (Hoërskool Fichardtpark)
- Lienke v Wyk (Hoërskool Sentraal)
Goud: (0/14 A)
- Ruben Schoeman (Hoërskool Sentraal)
- Johanè Watkins (Hoërskool Fichardtpark)
- Danèl Crous (Hoërskool Fichardtpark)
- Kayleigh du Toit (Hoërskool Sentraal)
Top 8 skut van die Sporter afdeling:
GROOT KAMPIOENSKUT – SPORTERKLAS –
- Silwer: Kara van der Merwe (Hoërskool Fichardtpark)
SANSSU KLEURETOEKENNING – Sporterklas
Brons:
- Ruben Schoeman (Hoërskool Sentraal)
- Henning Wagenaar (Hoopstad)
- Kara van der Merwe (Hoërskool Fichardtpark)
- Gary Marx (Marlow)
- Anje Blom (Hoërskool Fichardtpark)
Silwer:
- Mia van der Walt (Bothaville)
- Alt Sporter o.12 Individuele wenner 2x 3P
- Silwer: Andrew Muller (Laerskool Klub)
Wen Provinsie Alt Sporter: o.12
Goud:
- Andrew Muller (Laerskool Klub)
- Almé van Jaarsveld (Laerskool Klub)
- Declan van Straaten (Laerskool Klub)
Enkel Voltalle op hul skietkaarte:
- Madré vd Merwe (Hoërskool Fichardtpark) – 3P2 Lê1
- Monique Steyn (Hoërskool Fichardtpark) – 3P1 & 2 Lê1
- Jan Hendrik van Loggerenberg (Hoërskool Sentraal) – 3P1 Lê1
- Antone du Plessis (Hoërskool Sentraal) – 3P2 Lê2




Hierdie kampioenskap skryf ’n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van luggeweerskiet. ’n Nuwe generasie skuts staan op dieselfde grond met dieselfde passie en trots.
Fotos verskaf







You must be logged in to post a comment.