SA Speech and Drama - Hoërskool Linden trotse prestasie
SA Speech and Drama – Hoërskool Linden trotse prestasie

SA Speech and Drama – Hoërskool Linden trotse prestasie


SA Speech and Drama. Hoërskool Linden leerder blink uit by SA Speech and Drama College.

Hildegard Schraader, ’n matrikulant van Hoërskool Linden in Gauteng, het einde verlede jaar haar finale eksamen by die SA Speech and Drama College met ’n uitmuntende 98% (Prestige) geslaag.

Die eksamen is veeleisend en sluit verskeie komponente in:

  • ’n Onvoorbereide toespraak
  • ’n Boekbespreking en voorlesing uit ’n fiksie- én nie-fiksieboek
  • ’n Dramaprogram met optredes uit drie verskillende genres rondom ’n gemeenskaplike tema
  • ’n PowerPoint-aanbieding oor ’n voorgeskrewe onderwerp

Die beoordelaar het haar werk só opgesom: “You are a unique and absolutely delightful young woman. Your own distinctive personality was projected in all your work. Congratulations!”

Met hierdie prestasie het Hildegard nie net haar talent en toewyding bewys nie, maar ook die naam van haar skool met trots hoog gehou.

Baie geluk, Hildegard!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za

https://linden.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article