SA Skole Skietkampioenskap. Foto: AJ Verster, Marla de Jager, Dehandri Morkel en Lynné Rademan  

Die Errie-skuts het die afgelope vakansie ge-“skutter” in Limpopo. Die Errie-skuts het aan die SA Skole Skietkampioenskap deelgeneem en het baie goed gevaar.

Hulle verwerf die volgende plekke:

  • Marla de Jager (o/21) eindig 44ste van 109 skuts.
  • Dehandri Morkel (o/21) eindig 66ste van 109 skuts.
  • AJ Verster (o/21) eindig 99ste van 109 skuts.
  • Lynné Rademan (o/16) eindig 112de van 132 skuts.

Danie Geldenhuys, wat ook vir die Erries skiet en Provinsiale kleure verwerf het, het 26ste geëindig van 56 skuts (o/14).

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://erries.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article