SA-Skole Atletiekkampioenskappe. Hoër Landbouskool Boland in die Paarl het agt atlete wat opgeneem is in die Weskaap-span vir die die SA-Skole Atletiekkampioenskappe in Germiston.

Die seuns wat deelgeneem het:

  • Jaeger Coetzee behaal ‘n 4de plek in o.15 hoogspring met 1,84m.
  • Heinrich Bezuidenhoudt behaal ‘n 7de plek in o.15 diskus met 50,41m.
  • Jayden Brits doen ‘n besering op by hekkies en kon ongelukkig nie verder deelneem nie.
  • Jayden de Klerk behaal ‘n 12de plek in o.15 diskus met 47,8m.
  • Corné Cronjé behaal ‘n 8ste plek in o.17 verspring met 6,64m.
  • Connie Nieuwoudt behaal ‘n 4de plek in o.19 hamergooi met 50.71m (PB).
  • Malcolm Lamont behaal ‘n 7de plek in o.17 hamergooi met 46,2m.

Ses van die atlete wat vir die Boland ASA-span gekies is, gaan in Potchefstroom deelneem vanaf 28 tot 30 Maart. Sterkte aan hierdie seuns!

  • Renaldinho (Rennie) Swarts o.18 100m
  • Yuvrah George o.16 300mh
  • Corné Cronjé o.18 verspring
  • JC Nothnagel o.20 spiesgooi
  • Jayden de Klerk o.16 diskus
  • Jayden Brits o.16 100mh

Welgedaan! Julle het Boland Landbou se naam hoog gehou. Die skool is trots op elkeen van julle.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://bolandlandbou.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article