Alexander Smit van Hoërskool Strand is onlangs vir die CTTA-span (Cape Town Triathlon Association) gekies om op 28 en 29 Junie aan die Suid-Afrikaanse Duathlon Kampioenskap by Milnerton Killarney Renbaan in Kaapstad deel te neem. (Duathlon sluit hardloop en fietsry in.)

By die Suid-Afrikaanse Kampioenskap het hy ‘n 7de plek in die Junior Super Sprint van die mansafdeling behaal.

Dit is reeds die derde keer hierdie jaar wat Alexander vir ‘n provinsiale span, wat aan ‘n nasionale kampioenskap deelneem, gekies is.

Baie geluk, Alexander!

 

 

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article