Amy Greyling van Hoërskool Ermelo, was deel van die o/17A-Mpumalangaspan wat gedurende die vakansie aan die Nasionale Suid-Afrikaanse netbaltoernooi in Gauteng deelgeneem het. Sy was hoofdoel en dié span het twaalfde uit 22 spanne geëindig.

Hilde Jacobsz was deel van die o/15-Mpumalangaspan wat deelgeneem het aan die Wintergames-toernooi in Durban. Dit was ‘n besondere ondervinding en Hilde lewer, as hoofdoel van haar span, ‘n doelgemiddeld van bo 90%.

Thagang Nkareng was deel van die o/14B-span wat na EG Jansen getoer het waar sy uitstekende netbal gespeel het.

Johnke Prinsloo, Mari-Zel Fourie en Mandi Swart was deel van die o/14-Bokkiespan, Nadia Kluyts was deel van die o/16-Bokkiespan en Zara Büchling deel van die o/19-Bokkiespan.

Nadia is tydens die week ingesluit in die SA-Bokkiespan wat in September na Namibië toer.

Baie geluk aan al hierdie dogters.

EHS is trots op elkeen!

Foto bo: Amy Greyling in aksie

 

Hide Jacobsz in aksie as hoofdoel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article