Ritme-groepe by Rivisa – Hoërskool SPS Brandfort se ritme-groepe het tydens hul laaste vertoning by Rivisa ’n merkwaardige prestasie gelewer. Hulle het die gehoor met hul energie en samehorigheid bekoor.
Die jongste dansers, Gr. 1–3, is met dubbel goud bekroon. Gr. 4–7-groep het goud verower. Die senior groep, Graad 8–12, het hul vaardighede en passie op die verhoog bevestig met nog ’n dubbel goud. Hierdie uitslae weerspieël nie net tegniese uitnemendheid nie, maar ook die toewyding en liefde vir dans wat elke deelnemer uitstraal.



Die Ritme-program, wat fokus op koördinasie, ritme en kreatiewe bewegings, bied leerders die geleentheid om selfvertroue te bou. So kan hulle, hul talent op ’n gesogte platform wys. Rivisa, bekend as ’n kultuurfees, dien jaarliks as ’n belangrike verhoog waar skole hul kuns en kultuur kan deel.
Die skoolgemeenskap spreek besondere waardering uit teenoor Juffrou Erika wat die Ritme-groepe met visie en deursettingsvermoë gelei het. Hulle bedank ook vir Juffrou Lirieke en El-Cheri wat met hul ondersteuning en afrigting ’n groot rol gespeel het in die sukses van die groepe.
Met hierdie prestasie bevestig SPS Brandfort se Ritme-groepe hul plek as ’n trotse verteenwoordiger van die skool se kultuur en kreatiwiteit.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.