Paarl Boys’ Primary School is trots om bekend te maak dat Regardt Delport gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig in die Afrika-span by die Intercontinental Teams Tennis Competition. Dit vind plaas van 11 tot 17 Oktober 2026 in Kazakstan.
Hierdie gesogte toernooi bring 12 internasionale spanne byeen:
- Vyf spanne (nasies) uit Asië, insluitend die gasheerland Kazakstan
- Een span van Australië
- Een span vanNieu-Seeland
- Die Stille Oseaan-span
- Een span van Afrika (CAT)
- Suid-Amerika (COSAT)
- Een span van Sentraal-Amerika & Karibiese gebied (COTEEC)
- Een span van Europa (TE)
Regardt Delport is die enigste Suid-Afrikaanse speler wat vir hierdie wêreldklas geleentheid gekies is – ’n merkwaardige prestasie wat sy talent en toewyding bevestig.
“Die skoolgemeenskap en Suid-Arika is uiters trots op jou, Regardt. Die hele land wens jou en die Afrika-span alle sukses toe in Kazakstan.”
Foto verskaf






