Hoërskool Hoopstad is trots om die uitstaande prestasie van Hanru Dietrichsen aan te kondig. Hanru het sy merk gemaak by die Ficksburg Junior Ope. Hy het nie net die o.15-afdeling gewen nie, maar is ook as algehele kampioen van die toernooi gekroon.
Hanru Dietrichsen se talent en toewyding is verder beloon met sy insluiting in die Vrystaat Gholfspan – ’n groot eer wat sy harde werk en passie vir die sport bevestig.
Die hele Hoopie-gemeenskap staan agter jou, Hanru. Baie geluk! Hoopies glo jou reis in gholf het pas ’n blink nuwe hoofstuk betree.
Foto verskaf






