Hoërskool Randburg is uitermate trots op hul karate-ster, Zachary Combrinck, wat gedurende 2026 merkwaardige karateprestasies behaal het.
By die SARMAF Provinsiale Kampioenskap op 28 Maart het Zachary sy talent bevestig met:
- Kumite – Goud
- Kata – Brons
- Wapens – Silwer
Hiermee het hy sy SARMAF Provinsiale kleure verwerf.
Op 27 Junie het Zachary sy staal verder gewys by die SARMAF Nasionale Kampioenskap, waar hy die volgende uitslae behaal het:
- Groep Kata – Goud
- Lemwapens – Silwer
- Kumite – Brons
Met hierdie prestasies het die Karate-ster Zachary Combrinck sy SARMAF Nasionale kleure vir die vierde agtereenvolgende jaar verwerf – ’n uitsonderlike bewys van sy toewyding en deursettingsvermoë.
Foto verskaf






