Provinsiale Wiskunde-olimpiade - Monnas leerders blink uit
Provinsiale Wiskunde-olimpiade – Monnas leerders blink uit

Provinsiale Wiskunde-olimpiade – Monnas leerders blink uit


Twee jong leerders van Hoërskool Monument se akademie het hul wiskundige vernuf tydens die Provinsiale Wiskunde Olimpiade ten toon gestel.

Nathan Orren (gr. 8) het ’n puik vyfde plek in Gauteng behaal, terwyl Kai de Wet (gr. 9) met ’n sterk sewende plek geëindig het. Hierdie prestasies beklemtoon die harde werk en deeglike voorbereiding wat die twee leerders in die kompetisie ingesit het.

Die skoolgemeenskap is uiters trots op Nathan en Kai se toewyding en deursettingsvermoë. “Hulle verteenwoordig Monnas met trots en bring groot eer aan ons akademie,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.

Baie geluk, manne – julle prestasie is ’n inspirasie vir ander leerders en ’n bewys van Monnas se voortgesette uitnemendheid in akademiese vakke.

https://monnas.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article