Foto bo vlnr agter: Tommie Doubell (Skoolhoof), Ava Agresti, Mené Breytenbach, Ameli de Klerk, Mieke Groenewald, Nika Hoogendyk, Denieke Kellerman, Alexi van Staden en Johan Terblanch ( AfriForm)

Voor vlnr: Adele Myburgh, Karlien van Jaarsveld en Jamey-Leigh Prinsloo 

Primêre Skool Naudéville, Welkom, het in samewerking met AfriForm, nie-bederfbare produkte ingesamel vir die boere wat groot verliese gelei het tydens die onlangse vernietigende veldbrande.

Naudéville is geseën met wonderlike ouers wat saamstaan. Hulle het ‘n bakkievrag vol nie-bederfbare produkte ingesamel.

Die skool is baie dankbaar vir al die wonderlike bydraes.

 

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article