Jamey-Leigh Prinsloo van Primêre Skool Naudéville in Welkom het deelgeneem in Kyknet se Dans in jou Taal solo kompetisie. Sy het gevorder tot die TV Rondte vir haar Hip-Hop solo. Die reeks word vroeg in Desember 2020 uitgesaai.

Jamey-Leigh het ook oudisies gedoen vir Elements of Dance SA se promo-video en het ‘n plek behaal in die Hip-Hop groep.

Sy het ook deel geneem in Dance for Growth en A-Arts kompetisies. Die uitslae is nog nie bekend nie.

Baie geluk, Jamey-Leigh!

Sy dans by Believe Dance Academy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article