Pretoria Eisteddfod - Jong Menlopark-kunstenaar presteer
Adrian van Jaarsveld behaal 13 toekennings in verskeie afdelings

Pretoria Eisteddfod – Jong Menlopark-kunstenaar presteer


Adrian van Jaarsveld, ’n graad 7-leerder van Laerskool Menlopark, het skitterend presteer tydens die jaarlikse Pretoria Eisteddfod. Hy het verskeie toptitels in die visuele kunste verower.

Die jong kunstenaar het tydens die Pretoria Eisteddfod die beoordelaars beïndruk met sy uitsonderlike kreatiwiteit. Adrian het ‘n indrukwekkende totaal van 13 toekennings oor verskeie afdelings behaal. Sy uitslae sluit in agt A++-, twee A+-, twee A’s- en een B+-simbool vir sy werk in fotografie, beeldhouwerk, skilderkuns en tekenkuns.

Naas sy individuele simbole het Adrian die gr. 7- sowel as die algehele laerskoolafdelings in drie afsonderlike kategorieë gewen:

  • Fotografie: Gr. 7-graadwenner en Algehele Laerskoolwenner
  • Beeldhou: Gr. 7-graadwenner en Algehele Laerskoolwenner
  • Tekenkuns: Gr. 7-graadwenner en Algehele Laerskoolwenner

Kunswerke waarin Adrian van Jaarsveld presteer het.

As toppunt van sy prestasies is hy ook aangewys as die Algehele Laerskoolwenner in Visuele Kuns vir 2026.

Laerskool Menlopark het hul trots uitgespreek teenoor die Adrian vir sy toewyding, harde werk en besondere artistieke talent.

https://www.menlolaer.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article