Die verwelkomingsprogram van Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, het op ‘n hoogtepunt geëindig.
Elke Graad 8 het sy skooldas en – pet ontvang en daarna saam die skoollied gesing. Hulle het ook hul eerste Jolla Bolla om die Japie Krige sirkel gedoen.

Dit is vir die skool lekker dat 251 volwaardige Paul Roosers deel kon raak van die Maroen Masjien.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article