Die 1ste O/19 Tennisspan van Paul Roos was die naweek in aksie by die 25ste Kearsney College Tennis Festival in Kwazulu-Natal.

Die span het die toernooi onoorwonne afgesluit deur Grey College in die finaal met 6 -1 te klop. Die span het voortgebou op hul prag vertoning by die Zest Fruit Gerrie Berner ‘n maand gelede en weer geen wedstryd verloor nie.

PRG wen Clifton 7 – 2

PRG wen Rondebosch 8 -1

PRG wen Affies 8 – 1

PRG wen Westville 6 -0 (Semi-finaal)

PRG wen Grey College 6 – 1 (Finaal)

By die prysuitdeling is Stephen Claassen aangewys as die beste nr 2, Johan van Wijk die beste nr 3, Leonardo Sola die beste nr 4 en Willem de Waal die beste nr 5. Die ander spanlede was Ernst Gouws en Jake Downie.

Willem de Waal is ook onlangs aangewys as die nuwe O/14 Suid-Afrikaanse enkelspel Tenniskampioen!

Baie geluk aan die span met hul prestasies die naweek.

Welgedaan Maroen Masjien!

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article