OP-Atletiektoekennings 2025 - Hoërskool Framesby presteer
OP-Atletiektoekennings 2025 – Hoërskool Framesby presteer

OP-Atletiektoekennings 2025 – Hoërskool Framesby presteer


OP-Atletiektoekennings 2025. Tydens die OP-Atletiektoekenningsaand 2025, wat op 21 November plaasgevind het, het Hoërskool Framesby se atlete hul merkwaardige talent en toewyding bevestig deur verskeie trofees en toekennings te verower.

SA Atletiekkampioenskappe-prestasies

Die volgende atlete het nasionale erkenning ontvang vir hul medaljeprestasies by die SA Atletiekkampioenskappe:

  • Lincoln Kunneke – Bronsmedalje in hamergooi (Seuns O/18)
  • Liam Smit – Bronsmedalje in paalspring (Seuns O/16)
  • Tamlyn Heyman – Silwermedalje in hamergooi (Dogters O/16)
  • Kayden Thoresson – Goue medalje in paalspring (Seuns O/18)

Kayden Thoresson het boonop erkenning ontvang vir sy OP-rekord in paalspring (Seuns O/18) met ’n hoogte van 4,45 m, wat hy tydens die ASA Kampioenskappe opgestel het.

Kategorie-toekennings

Verskeie Framesby-atlete is ook vereer met spesiale kategorie-toekennings:

  • Tamlyn Heyman – Dogters Subjeugatleet van die Jaar
  • Tiané Slabbert – Dogters Jeugatleet van die Jaar
  • Kayden Thoresson – Seuns Jeugatleet van die Jaar

Framesby is uiters trots op hierdie uitstaande sportlui wat nie net hul skool met trots verteenwoordig het nie, maar ook hul plek op nasionale vlak bevestig het. Hul prestasies getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ’n passie vir atletiek.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.framesby.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article