Bloemfontein – Hoërskool Fichardtpark se o.17-sewesrugbyspan is genooi na gesogte NWU Champion of Champions-toernooi

Dit is die tweede opeenvolgende jaar wat Fichies uitgenooi is om aan die prestige NWU Champion of Champions-toernooi deel te neem. Hierdie benoeming plaas die span amptelik onder die top-sewesrugbyspanne in Suid-Afrika.

Die toernooi vind plaas op Vrydag, 18 en Saterdag 19 September 2026. Die toernooi vind plaas by die Fanie du Toit-sportsentrum op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus.

Hoërskool Fichardtpark se skoolgemeenskap wens die spelers en afrigters baie sterkte toe met die voorbereiding asook vir die wedstryde wat voorlê. Die skool is besonder trots op hierdie prestasie en sien daarna uit om die span te ondersteun.

https://fpark.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article