‘n Besondere eer het Tshimologo Matang, ’n graad 10-leerder van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, te beurt geval. Sy is as een van die top-10-finaliste vir die Mej. Tiener Suid-Afrika 2026-kompetisie aanwys.
Tshimologo, is deur haar skoolmaats as Tshimi gedoop. Sy het haar eerste skoonheidskompetisie-ervaring in graad 8 opgedoen onder leiding van Inamathi Donolo, die titelhouer van 2024.
Volgens Tshimologo fokus sy egter minder op die uiteindelike titel en eerder op die platform wat die geleentheid haar bied om gemeenskappe te dien. As deel van haar betrokkenheid het sy reeds gemeenskapsprojekte ondersteun, waaronder die uitdeel van kosvoorrade in minderbevoorregte gebiede.
Die finale kroningsgeleentheid vind vanjaar in Desember in Johannesburg plaas, waar Matang kan staatmaak op die ondersteuning van sowel haar skoolgemeenskap as haar familie.
Foto verskaf






