Noordheuwel Top 15 Atletiek. Hoërskool Ermelo se top-atlete het Woensdag, 7 Februarie, aan die Noordheuwel Top 15 Atletiek byeenkoms deelgeneem.
Die atlete het, soos dit die Erries betaam, uitstekend gevaar in strawwe kompetisie.
Die volgende uitslae is deur Erries behaal:
- Mia Davel (D o.19) eindig tweede in hoogspring.
- Aletha Kloppers (D o.15) eindig vierde in die 3000m.
- Johandi Bezuidenhout (D o.15) neem aan die 3000m deel en behaal ’n sestiende plek.
- Esmari Kloppers (D o.17) het ook aan die 3000m deelgeneem en behaal ’n agtiende plek.
- Quinet Swart (D. o.15) het derde geëindig in verspring en veertiende in die 300m-hekkies.
- Tyrone Berning (S o.19) behaal ’n tweede plek in die 400m-hekkies.
- Marlioné Erasmus (D o.16) behaal ’n sesde en agtste in onderskeidelik die 100m en die 200m.
- Janeske Janse van Rensburg (D o.15) eindig vierde in 1500m.
- Luan Greying (S o.16) behaal ’n eerste plek in die 800m.
- Mnqobi Mabuza (S o.15) eindig vyfde in die 3000m.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto;s verskaf




You must be logged in to post a comment.