ALBERTON – Nasionale Touch Rugbytoernooi. Die Easterns-streek het geskiedenis gemaak. Hulle is as die algehele wenners van die Nasionale Touch Rugbytoernooi gekroon. Verskeie spelers, afrigters en beamptes van Hoërskool Marais Viljoen het’n belangrike rol in dié merkwaardige prestasie gespeel.

Die Easterns 15A-span het die nasionale titel verower met die volgende spelers van Hoërskool Marais Viljoen:

  • Leandro Snyman
  • Lucas du Plooy
  • Zander Lombaard
  • Anru Theron en
  • Johann Uytenbogaardt

Hierdie spelers was deel van die wenspan. Die prestasie is verder beklemtoon deur Leandro Snyman se uitstaande bydrae. Hy is as Speler van die Toernooi aangewys.

Ook in die jonger ouderdomsgroepe het Easterns hul stempel afgedruk. Die Easterns 13A-span het die toernooi gewen met Rethabile Mphuti as lid van die kampioenspan. By die meisiesafdeling het die Easterns 19A-span die nasionale titel ingepalm, met Mikayla Hinkley wat ‘n sleutelrol gespeel het. Die span is afgerig deur mnr. Migael du Plessis van Hoërskool Marais Viljoen.

Nog ‘n hoogtepunt was die erkenning wat Ernest Dye ontvang het. Ernest is as die Mees Verbeterde Skeidsregter van die Toernooi aangewys. Hierdie toekenning getuig van sy toewyding, ontwikkeling en professionele optrede op die speelveld.

Nasionale Touch Rugbytoernooi

Die skoolgemeenskap het ook rede tot verdere opgewondenheid nadat tien spelers voorlopig vir Suid-Afrika se oefengroepe geïdentifiseer is. Ongelukkig is die finale keuringslys nog nie bekend gemaak nie, maar die voorlopige insluiting van soveel spelers onderstreep die hoëgehalte-talent wat by Hoërskool Marais Viljoen ontwikkel word.

Prestasies van die spelers, afrigters en beamptes weerspieël nie net hul harde werk en deursettingsvermoë nie, maar ook die sterk rugbykultuur wat by die skool gevestig is.

Hoërskool Marais Viljoen kan met reg trots wees op hierdie uitsonderlike groep sportlui wat die skool en die streek se naam op nasionale vlak hoog gehou het.

https://www.maraisviljoen.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article