Nasionale Gimnastiek-kampioenskappe - Hoërskool Jim Fouché
Nasionale Gimnastiek-kampioenskappe – Hoërskool Jim Fouché

Nasionale Gimnastiekkampioenskappe – Hoërskool Jim Fouché


Nasionale Gimnastiekkampioenskappe. Hoërskool Jim Fouché blink uit in Gimnastiek.

Hayleigh Parker en Ansje Bekker, twee talentvolle leerders van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, het onlangs hul Vrystaat-kleure verwerf vir deelname aan die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe wat van 6 tot 9 Oktober in Gauteng plaasgevind het.

Beide gimnaste het uitstekende prestasies gelewer tydens die kampioenskappe:

  • Hayleigh Parker het ’n indrukwekkende 5de plek op die balk behaal.
  • Ansje Bekker het haar vaardighede ten toon gestel met die volgende uitslae:
    • Brug – 18de plek
    • Balk – 18de plek
    • Vloer – 13de plek

Die skool is trots op hul toewyding en prestasie op nasionale vlak. Welgedaan, Hayleigh en Ansje!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article