Stoeitoernooi – Primêre Skool Naudeville is baie trots op hul eie stoeier, Jan-Phillip du Plessis. Hy het op Saterdag, 4 April, deelgeneem aan die Mosselbaai Stoeitoernooi. Die Mosselbaai Stoeitoernooi het plaasgevind in George. Jan-Phillip het gewys dat harde werk en toewyding vrugte afwerp! Hy het sy krag en tegniek ten toon gestel toe hy die mat betree.

Met vasberadenheid en ’n ware kampioensgees het hy die volgende indrukwekkende plekke verower:

  • 0/8 Vrystyl – Goud
  • 0/8 Greco – Goud
  • Presidente Greco – Silwer

Jan-Phillip het nie net medaljes gewen nie. Hy het ook die harte van sy ondersteuners gewen met sy sportmanskap en deursettingsvermoë.

Sy prestasie is ’n bewys dat Naudies se stoeiers nie net deelneem nie, maar uitblink en die naam van die skool met trots uitdra.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://naudies.co.za

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article