Hoërskool Monument, Krugersdorp, het tydens die Monnas Bergfietstoer 2026 in Nelspruit weer bewys dat hierdie tradisie een vir die boeke is. Die Monumentare het herinneringe en vaardighede opgebou wat geen geld kan koop nie. Dit was ’n toer wat vir altyd in harte en gedagtes sal leef.
Monnas se dankbaarheid
- “Aan ons Hemelse Vader wat ons veilig gehou het (selfs met ’n paar skrape en blou kolle).
- Aan ons ouers, wat met groot opoffering die toer finansieel moontlik gemaak het.
- Aan die Mankelespan – van Shane (bestuurder), KB, Sjef Boom Boom (wat ons daagliks met drie heerlike etes en nageregte bederf het) en die res van die span. Julle het die toer ’n fees gemaak!”
“Skills” en Leierskap
- Monnas bedank ook hul “skills coach” Schalk Pottas (Coach Bacon). Hy het met geduld en passie ongelooflike vaardighede oorgedra en die ryers se selfvertroue na nuwe hoogtes geneem.
- Die skool se toerleier, Danie Steyn, het nie net die reëlings meesterlik hanteer nie. Hy het ook saam met die ryers gery en op ’n geestelike vlak ’n groot verskil gemaak.
Monnas-onnies en ondersteuning
Monnas betuig ook hul dank aan Tania Kelfkens, Estè Beekman, Ockert Vermeulen. Ook hul skoolhoof, Mnr Jan van Staden, en sy vrou, Marianne, word bedank. Julle liefde, opofferings en ondersteuning het die toer ’n ware Monnas‑familie‑ervaring gemaak.
Hierdie toer het nie net vaardighede en prestasies gebring nie, maar ook ’n sterker gemeenskap en ’n dieper trots. “Ons sien met groot verwagting uit na die res van die bergfietsseisoen. Ry altyd met moed, ry met passie, ry met Monnas‑trots!”










You must be logged in to post a comment.